HOME      TOURS      ACCOMMODATION/HOMESTAYS       WEDDING VENUES      KONTREI NEWS/NUUS      BLOG      CONTACT KONTREI

CALL US!
+27-21-8711715

TRANSFERS
View Transfers
GUIDED TOURS: ½-DAY
Cape Peninsula
Cape Town City
Winelands Tour
Paarl Town Walkabout
GUIDED TOURS: FULL DAY
Cape Peninsula
Cape Town City
Winelands Tour
Hermanus
SCHEDULED TOURS
- Sense-of-Place Experiences Tour
- Namaqualand Spring Flower Spectacular Tour
- Cape West Coast Spring Flower Tour
- Cape Wild Flowers, N7, West Coast Tour
- Hermanus Whale Watching Tour
- Slow-Food: Across the Southern Regions of Africa
- Boland, Overberg Garden Route, Fynbos Tour
PARTNER TOURS
Southern Cross Adventures
Bhutan Kingdom Tours
Climb Kilimanjaro
Luangwa Wilderness
Scenic and Adventure Flights
4x4 TOURS
4 x 4 Camping Tours
TOUR GUIDES
Meet our tour guides
VEHICLES
About our vehicles

Subscribe to Kontrei News!
Stay informed about great Kontrei accommodation, tours, experiences, adventures, and interesting local facts; and get access to our free Kontrei ebooks!
My First Name:
My Email:

Your details will never be shared with anyone - Niël du Toit

Weskus Blomtoer

Kontreie: Fairest Cape; Boland; Weskus

7 Dae / 6 Nagte

KLIEK HIER VIR NAMAKWALAND BLOMKYKTOERE!

KF7DWCF1: 21 Augustus tot 27 Augustus 2011

KF7DWCF2: 11 September tot 17 September 2011

Reis stadig. Ervaar meer.
Bly 2 nagte op een plek!

Sjarmante plaaslike mense
ontvang jou en lig jou in

Maks groep 10, Minimum groep 7 passengers met bestuurder en gekwalifiseerde gids.

Hierdie toer neem u deur die kontreie van die Skoonste Kaap, Boland en Weskus

Plekke wat u sal besoek is: Saldanhabaai, Velddrift, Lambertsbaai, Clanwilliam, Tulbagh, Paarl

BESKRYWING:

Dag 1: DBB Ons ontmoet u by Kaapstad se lughawe of u akkommodasie in Kaapstad en vervoer u na die Paarl vir verblyf in 'n historiese ****Gastehuis. U raak rustig en later bied ons 'n begeleide staptoer om die gastehuis in die historiese dorpskern aan. Vanaand se ete is 'n geselligheid waar u u mede toerlede, die gids en die bestuurder ontmoet saam en bespreek u voorgenome toer saam met kontreikos van die Paarl. Alkoholiese drank is uitgesluit.

Dag 2: Velddrift Plaas DBB Ons reis deur die Swartland en die sandveld en duskant Vredenburg besoek ons die fossielpark in die historiese mond van die Bergrivier. Ons reis verder na Langebaan en die Postberg Natuurreservaat vir weskus blomme en die gepaardgaande wild dis 'n stop en ry ervaring met baie gesels en fotografie.

Opsionele ekstra:

  • 'n 1-uur bootrit in Saldanhabaai met 'n besoek aan die mosselplaas. (Maks 10 persone).
  • Waterfront Restaurant vir middagete en seekos.
Ons kom laatmiddag aan by ons verblyfplek op 'n Weskus plaas wat grens aan die Bergrivier.

Die eienaars ontvang ons hartlik en u kan die ruimte geniet met stap tot by die rivier.

Geniet vanaand die plaaskos soos deur die gasvrou en haar plaasmense voorberei en voorgesit.

Dag 3: Velddrift Plaas DBB. Gedurende ontbyt kan u saam met die gasvrou en u gids beplan vir die dag. Die jongste inligting oor blomme geniet voorkeur en u gebruik ook die geleentheid om Velddrift en sy vissersbedryf nader te leer ken.

Opsionele ekstras:

  • Bootrit en kyk voëls van naby op die moderne Bergrivier mond.
  • Seekos ete by 'n plaaslike hotel op die Bergrivier se wal.
Vanaand wag daar 'n ander plaaskos spyskaart van u gasvrou!

Dag 4: Lambertsbaai plaas DBB. Ons ry noord langs die kus deur Elandsbaai tot by Lambertsbaai. Heeltyd ry-en-stop vir naby ervaring van die verskeidenheid van blomme, see en riviermondings.

Ons kom laatmiddag op die plaas wat aan die kus grens, aan. Ruim geleentheid om saam met u gasvrou rond te stap en selfs die sonsondergang op die privaatstrand te ervaar.

Alle ets word in die histories plaashuis geniet waar tradisionele familieresepte en - metodes nog geld terwyl plaaaslike bestanddele waar moontlik gebruik word.

Dag 5: Lambertsbaai plaas DBB. Na ontbyt volg 'n begeleide plaastoer saam met die eienaars waar daar met aartappels, wyndruiwe skape geboer word. Die plaas het ook erfenisplekke van die San en Strandlopers.

Hierna volg 'n kort mariene ervaring waarby seevoëls en SA se enigste inheemse dolfyn besigtig kan word. Namiddag volg die soektog na blomme weer die agterpaaie.

Ingesluit:

  • Mariene ervaring met robbe, pikkewyne, malgasse en dolfyne.
  • 'n Besoek aan Voëleiland in die Lambertsbaai hawe.
Vanaand se ete is nog 'n wenresep wat saamgaan met die storie van die enigste seeslag gedurende die Anglo Boere Oorlog.

Dag 6: Paarl gastehuis DBB. Op pad na Clanwilliam besoek ons 'n rooibos teeplaas met 'n plaastoer ingesluit. Op Clanwilliam doen ons aan by Ramskop natuurreservaat. Die pad terug gaan tot by Citrusdal en dan oor die Koue Bokkeveld se hoogland, gekenmerk deur sy intensiewe vrugteproduksie. Ry deur Ceres en historiese Tulbgh voordat ons weer in die Paarl by ons gastehuis aankom.

Welkom tuis! Vanaand se afskeidsete gaan saam Paarlse kontreikos. Koop van die Paarl Rock brandewyn wat net hier te kry is en van die produkte van die garagiste wynmakers by die Taphuis op die terrein.

Dag 7: Paarlse gastehuis B. Na ontbyt neem ons u terug na Kaapstad of na die Lughawe vir u reis verder.

Duur: 7 dae / 6 nagte

Begin en eindig: Kaapstad/Paarl

Akkommodasie: Gastehuise DBB

Vertrekdatums: Toer nommer KF7DWCF1: 21 Augustus tot 27 Augustus 2011 en Toer nommer KF7DWCF2: 11 September tot 17 September 2011

Prys per persoon wat deel (BTW Inkl): ZAR9700-00 vir maks. 10 en minimum 7 passasiers

Pasmaak toere op hierdie reisplan: Vir pasmaak toere op hierdie reisplan volgens u behoeftes en verwagtings, skakel asb die kantoor by tel: 0027 21 8711715 of e-pos: ndt@kontrei.co.za

Ingesluit in die toerprys: Transport in 15 sitplek Mercedes Benz Sprinter met Lugsorg en verstelbare sitplekke, Eienaar bestuurder en geregistreerde gids, 8 nagte akkommodasie met Ontbyt, aandete soos per reisplan, kruierfooie, toegangsfooie soos per reisplan, Heffings, Passasiersaanspreeklikheid

Uitgesluit van die toerprys: Fooitjies vir gidse en bestuurders, wasgoed, Alkoholiese drank en koeldrank, middagetes, persoonlike kommunikasies bv telefoon en faks, Opsionele ekstras soos per reisplan.

Kliek op die foto hieronder om asemrowende fotos van 'n onlangse blommetoer te besigtig (LW: hierdie fotos is nie noodwendig verteenwoordigend van wat die toer op hierdie bladsy bied nie aangesien die blommeprag nie voorspel kan word nie en verskil van gebied tot gebied en seiesoen tot seisoen!):


Datums:
Toer nommer KF7DWCF1: 21 Augustus tot 27 Augustus 2011

Toer nommer KF7DWCF2: 11 September tot 17 September 2011

Kontak ons nou:

Noem asb die toernommer en datum waaroor die navraag handel!

Naam:
Van:
Epos-address:
Telefoonkode:
Telefoon-nommer:
Aantal volwassenes, kinders:
Word akkommodasie voor of na die toer benodig?


Hermanus South Africa Whale Watching Tour, With Shark Diving Option, & Southern Tip of Africa

Click here to book directly with Kontrei for our unique tour taking you from the Boland and Winelands, all the way to Hermanus, L'Agulhas and more!

-- Link to us! --
Feel free to link to us by adding this code to your site:
<b><a href="http://www.Kontrei.co.za/index.php">Great Sustainable Tourism Experiences!</a></b>

© Kontrei.co.za   CODE OF CONDUCT   ABOUT KONTREI   RESOURCES   2006 - 2012 ALL RIGHTS RESERVED