HOME      TOURS      ACCOMMODATION/HOMESTAYS       WEDDING VENUES      KONTREI NEWS/NUUS      BLOG      CONTACT KONTREI
KONTREI TRAVELLER TOERE

Op Die Voetspore Van Eugène Marais, 'n 6-Dag Toer

Toer saam vir meer insig oor die lewe en werk van hierdie merkwaardige man!


HIERDIE TOER:
6 dae/5 nagte begeleide toer met Heini Kotzé as toerleier
Toernommer KF6DEM:
23 Mei tot 28 Mei 2012

Reis stadig
Ervaar meer
Vir insigtelike plekervarings


REISPROGRAM

Die toer begin in die Paarl by die plek waar hy skoolgegaan het, en dan na die Waterberg, Naboomspruit, Pretoria, Bronkhorstspruit, Heidelberg, Pelindaba en eindig in Kaapstad. Toerlede kan by Lanseria aansluit en hulle toer daar eindig.

Dag 1: Woensdag 23 Mei. Zomerlust Gastehuis BB

Gaste word opgelaai by Kaapstad Internasionaal of wonings naby Paarl of arriveer by Zomerlust Gastehuis waar die toer begin en eindig. Teen 16:00 namiddag ontvang ons ons gaste hier waar almal gemaklik gehuisves word in die historiese sentrum van die Paarl. Privaat voertuie kan hier gratis en veilig geparkeer word tot na die toer. Vervoer van Kaapstad Internasionaal na Zomerlust Gastehuis is by die toerprys ingesluit.

Die First Class Public School waar Eugène van 1884 tot 1887 skoolgegaan het, is op die terrein van Zomerlust Gastehuis. Die skoolgebou sal opgeknap word as die tuiste van die Eugène Marais Stigting.

Ons toerleier, Heini Kotzé, die voorsiener van die konsep van die Stigting, neem u op besoek aan die terrein en skets die ontwikkelingsplanne vorentoe.

Tydens aandete geniet ons plaaslike kontreikos terwyl ons gids, Hendrien Liebenberg, die reisplan bespreek. Aandete is by 'n restourant met kontrei spyskaart waar u vir eie rekening eet.

Dag 2: Donderdag 24 Mei. Paarl, Kaapstad Internasionaal, Lanseria, Die Oog DBB

Na ontbyt word ons vervoer na Kaapstad Internasionaal vir die 10:00-vlug na Lanseria. Ons reis per luukse bus met middagete kospakkie op die bus na Warmbad, dan na Modimolle: Marais borsbeeld, kinderbegraafplaas, ou Landdroskantoor. Daarna volg 'Hessie se Water' en ons ry tot op die plato waarna in The Road to Waterberg verwys word.

17h00 - Arriveer by Die Oog

19h00 - Aandete by Die Oog

Dag 3: Vrydag 25 Mei. Dagtoer rondom Die Oog. DBB

Na ontbyt volg ons sirkeltoer olv Mauritz Hansen, afgetrede skoolhoof en kontreikenner.

Vertrek om 8:00: Besoek 'Rietfontein opstal' en Union Tin Mines (sluit Bobbejaanskloof in); Verken die roete na Kromkloof, Doornhoek, Geelhoutkloof en Zwartkloof. Dit is almal Marais kuier- en jagplekke in die Swaershoekberge.

Ons is om 13:00 terug by Die Oog vir middagete (Eie rekening).

Om 14:30 - Filmvertoning: 'Die Siel van die Mier' . Hierdie TV reeks speel af in die plekke wat ons vanoggend besoek het. Peet Rossouw, vervaardiger en regisseur van die TV reeks is ons gas.

Ontspan en sluit weer aan by die groep vir aandete om 19h00.

20h00 - Praatjie deur Herman van Niekerk oor sy boek 'Eugène Marais - Nuwe Feite en Nuwe Insigte'.

Dag 4: Saterdag 26 Mei. Die Oog, Entabeni, Naboomspruit, Pretoria. BB

Na ontbyt vertrek ons op die roete na Bokpoort, Purekrans en Entabeni Wildreservaat (met Marais museum) en Roerdomp in die Hanglipberge waar Salaz Y Gomes afspeel.

Middagete by Entabeni (Eie rekening).

Ons reis na middagete neem ons na Naboomspruit se Eugène Marais - Laerskool die stasie en die plaaslike hotel.

Ons arriveer ongeveer 17:00 in Pretoria BB

Aandete vir eie rekening

Dag 5: Sondag 27 Mei. Pretoria, Bronkhorstspruit en Heidelberg (oornag op 'n plaas net buite Heidelberg DBB).

Tydens ontbyt sluit Johan Lodewyk Marais by ons aan vir die Pretoria toer. Hy lig ons in oor sy navorsing omtrent Marais en ons besoek woon- en werkplekke van Marais. Ons besoek Brooklyn, Blackwoodstraat (Preller huis perseel), Univ. van Pretoria (Marais se tikmasjien), die Fonteine, Land & Volk kantoorperseel, Eugène Marais hospitaal (nog 'n borsbeeld) en die Heldeakker waar Marais saam met ander helde rus.

12h00 - Middagete in Pretoria (vir eie rekening)

14h00 - Vertrek na Bronkhorspruit. Besoek 'Groot Pan' en 'Klein Pan' waar 'Die voëls van Witklip' afspeel. By die skoolgeboutjie lees Heini brokkies voor uit Die Groot Verlange, pp. 330-342.

18h00 Arriveer in Heidelberg, gaan tuis in Gastehuis DBB

20h00 Kyk na die Athol Fugard film, The Guest, wat handel oor Marais se episode op Stenekampskraal.

Dag 6: Maandag 28 Mei. Heidelberg, Pelindaba, Kaapstad

07h00 - Ontbyt

08h00 - Toer van Heidelberg. Die A.G.Visser huis, Standard Bank geboue, Heidelberg kloof en Stenekampskraal (die plaas waar Marais onttrekkingskuur moes ondergaan).

10h30 - Reis na Pelindaba - Marais se sterfplek.

12h30 - Johann Lodewyk Marais praatjie op die terrein.

13h30 - Middagete (Kospakkie) in Pelindaba.

14h30 - Vanaf Pelindaba na Lanseria. 1600h vlug na Kaapstad Internasionale lughawe.

18h00 - Arriveer Kaapstad. Vervoer ingesluit van die lughawe na die Paarl. Indien nodig, bespreek asb u vervoerbehoeftes hiervandaan huis toe met die Kontrei Toere Kantoor. Opsioneel: B&B verblyf by Zomerlust Gastehuis.


Duur:
6 dae / 5 nagte

Vertrek en eindig in::
Kaapstad / Paarl (of Lanseria)

Akkommodasie:
Gastehuise DBB of BB

Vertrekdatum:
Toernommer KF6DEM: 23 Mei tot 28 Mei 2012

Riglynprys per persoon wat deel (BTW Inkl):
ZAR7850-00 (Maks 20 en minimum 15 passasiers)

Navrae oor hierdie reisplan:
Skakel asb die kantoor vir Hendrien Liebenberg of Niël du Toit.
Tel: 0027 21 8711715 of e-pos: ndt@kontrei.co.za

Ingesluit in die toerprys:
Vervoer in 25 sitplek bus met lugsorg en verstelbare sitplekke, eienaar-bestuurder, Geregistreerde gids, 5 nagte akkommodasie met Ontbyt en Aandetes, soos gespesifiseer. ingesluit, portiergeld, toegangsgeld, Heffings, passasiersaanspreeklikheid.

Uitgesluit van die toerprys:
Fooitjies vir bestuurders en gidse, wasgoed, alkoholiese drank en koeldrank, middagetes soos aangedui, aandetes word aangedui, persoonlike oproepe en fakse, opsionele ekstras soos aangedui.

Kontak ons nou!

Enige vrae oor hierdie toer? (Sluit asb verwysingsnommer en datum van toer in: Toernommer KF6DEM 23 Mei tot 28 Mei 2012)

Naam:
Van:
Epos-adres:
Telefoon kode:
Telefonnommer:
Aantal volwassenes; kinders:
Akkommodasie benodig voor of na die toer?



OOR HIERDIE TOER:
Duur:
6 dae / 5 nagte
Tipe:
Begelei
Toernommer:
KF6DEM: 23 Mei tot 28 Mei 2012

SCHEDULED TOURS
Western Cape Slow Food Experience
Namaqualand Flowers Tour
Cape West Coast Flowers Tour
Unique Richtersveld Tour
Voetspore Van Eugène Marais

TOP TOURS
Hermanus South Africa Whale Watching Tour

CAPE TOWN CIRCULAR ROUTE TOURS, 3 DAYS / 2 NIGHTS
Merwenstein Guest Farm Experience
The Nuy Vallei Experience
The Cape West Coast Kontrei Experience
The Bartholomeus Klip Experience, Swartland
The Bakkrans Experience, Cederberg
138 Marine Guest House Experience, Hermanus
Cape Town to Paarl and Cape Winelands Experience

TRANSFERS
View Available Transfers

Hermanus South Africa Whale Watching Tour, With Shark Diving Option, & Southern Tip of Africa

Click here to book directly with Kontrei for our unique tour taking you from the Boland and Winelands, all the way to Hermanus, L'Agulhas and more!

Visit Africa - Africa Travel Directory


© Kontrei.co.za   CODE OF CONDUCT   ABOUT KONTREI   RESOURCES   2006 - 2012 ALL RIGHTS RESERVED