Reis stadig. Ervaar meer.
Bly 2 nagte op een plek!
Sjarmante plaaslike mense
ontvang jou en lig jou in
Maks groep 10, Minimum groep 7 passengers met bestuurder en gekwalifiseerde gids.
Hierdie toer neem u deur die kontreie van die Skoonste Kaap, Swartland, Weskus, Sandveld, die suidelike deel van Namakwaland, Die Bokkeveld eskarp en deur die Boland terug na Kaapstad.
Plekke wat u sal besoek is: Paarl, Lambertsbaai, Clanwilliam, Vanrhynsdorp, Nieuwoudtville, Citrusdal, Ceres, Tulbagh, en Kaapstad
BESKRYWING:
Dag 1: Historiese Gastehuis Paarl DBB Ons ontmoet u by Kaapstad se lughawe of u akkommodasie in Kaapstad en vervoer u na die Paarl vir verblyf in 'n historiese ****Gastehuis. U raak rustig en later bied ons 'n begeleide staptoer om die gastehuis in die historiese dorpskern aan. Vanaand se ete is 'n geselligheid waar u u mede toerlede, die gids en die bestuurder ontmoet. U bespreek u voorgenome toer saam met kontreikos van die Paarl. Alkoholiese drank is uitgesluit.
Dag 2: Weskus plaas by Lambertsbaai DBB Ons begin toer deur die Swartland na die Weskusdorp Velddrift. Naby Vredenburg besoek ons die fossielpark in die antieke mond van die Bergrivier.
Opsionele ekstras:
- Middagete vir plaaslike seekos in Velddrift
- Bootrit vir ervaring van die voöls op vandag se Bergrivier mond..
- Rocher Pan Natuurreservaat
Ons ry heeltyd stop-stop en kom laatmiddag aan by ons bestemming op die Weskusplaas met sy eie strandgebied. Trek rustig in en stap rond om selfs die sonsondergang by die see te ervaar.
Kontreikos soos voorberei volgens plaasresepte en bedien in die atmosfeer van die ou plaashuis. U beleef die geskiedenis en word ingelig oor die jongste stand van blomme.
Day 3: Weskus plaas by Lambertsbaai DBB. Na ontbyt doen ons 'n plaastoer saam met die eienaars wat hier met skaap, aartappels en wingerd boer. Erfenisplekke van die San en strandlopers word besoek. Hierna moet ons die see verken met die volgende ervarings wat ingesluit is:
- 'n bootrit op soek na malgasse, pikkewyne, robbe en moontlik kom Suid-Afrika se enigste inheemse dolfyn die boot bekyk en speel saam tydens die rit.
- Besoek Voöleiland met sy derduisende Kaapse Malgasse sommer naby jou.
Ons soek nog blomme op die agterpaaie.
n Seekos spyskaart word vanaand in die Plaaskombuis bedien.
Dag 4: Gastehuis op plaaslike dorpie DBB. Ons ry na ontbyt al stop-stop en ervaar die verandering van landskap met sy eiesoortige blomme.
Besoek 'n kwekery op Van Rhynsdorp met inligting spesifiek oor die Knersvlakte en doen 'n begeleide staproete op hierdie unieke plek. Ons volg die N7 via Bitterfontein.
Die aandete is weer tipiese kontreikos en die eienaars vertel stories en lig u in oor die beste plekke om blomtuintjies oor eie Namakwaland blomme te sien.
Dag 5: Gastehuis op plaaslike dorpie DBB Van dag verken ons die Kamies omgewing met 'n besoek aan die Namakwaland Nasionale Park, die sandveld deel na Hondeklibaai of die hoö Kamiesberge. Die beplanning hang saam met die beskikbaarheid van blomme oor die wye gebied.
Braaivleis by Letterklip, 'n erfenisterrein bute die dorp.
Dag 6: Bly in gerestoureerde kliphuise DBB. By Van Rhynsdorp neem ons die bergpas na Nieuwoudtville met sy mediterreense klimaat. U word verwelkom met proteas langs die pad! Dis 'n gans ander planteryk - U is inderwaarheid in die blombol koninkryk van die wêreld.
Na u besoek aan die klein natuurreservaat naby die dorp, kom ons laatmiddag by ons akkommodasie.
Tuisgemaakte kontreikos in 'n smaakvolle omgewing rond die dag mooi af.
Dag 7: Bly in gerestoureerde kliphuise. DBB Vandag reis ons saam met 'n plaaslike gids en kenner van plante van hierdie kontrei. Reis rustig en leer hoe mense hier oorleef en sinvol leef en benewens die blomme besigtig u ook geologiese formasies, rotskuns en stap teen 'n rustige tempoin die blou ooptes.
Nog resepte en gesonde kos uit die kontrei wag by vanaand se ete saam met die kwaliteit van die ervarings.
Dag 8: Historiese Gastehuis Paarl DBB. Ons begin terugry en besoek by Clanwilliam 'n rooibos tee landgoed met 'n begeleide toer. By Citrusdal draai ons weg oor Middelberg pas en ry deur die Koue Bokveld- die vrugtespens van die Boland - deur Ceres en historiese Tulbagh.
Laatnamiddag is u weer terug in die Paarl. 'n Afskeidsete in hierdie mooi plek saam met Bolandse disse sal u toer heel gepas afrond.
Dag 9: B Vertrek na Kaastad vir u reis daarvandaan.
Duur: 9 dae / 8 nagte
Begin en eindig: Paarl
Akkommodasie: Gastehuise DBB
Vertrekdatums: KF7DNF1: 28 Augustus tot 5 September 2011 en KF7DNF2: 4 tot 12 September 2011
Prys per persoon wat deel: ZAR11000-00 vir maks. 10 en minimum 7 passasiers
Pasmaak toere op hierdie reisplan: Vir pasmaak toere op hierdie reisplan volgens u behoeftes en verwagtings, skakel asb die kantoor by tel: 0027 21 8711715 of e-pos: ndt@kontrei.co.za
Ingesluit in die toerprys: Transport in 15 sitplek Mercedes Benz Sprinter met Lugsorg en verstelbare sitplekke, Eienaar bestuurder en geregistreerde gids, 8 nagte akkommodasie met Ontbyt, aandete soos per reisplan, kruierfooie, toegangsfooie soos per reisplan, Heffings, Passasiersaanspreeklikheid
Uitgesluit van die toerprys: Fooitjies vir gidse en bestuurders, wasgoed, Alkoholiese drank en koeldrank, middagetes, persoonlike kommunikasies bv telefoon en faks, Opsionele ekstras soos per reisplan.
Kliek op die foto hieronder om asemrowende fotos van 'n onlangse blommetoer te besigtig (LW: hierdie fotos is nie noodwendig verteenwoordigend van wat die toer op hierdie bladsy bied nie aangesien die blommeprag nie voorspel kan word nie en verskil van gebied tot gebied en seiesoen tot seisoen!):

|