HOME      TOURS      ACCOMMODATION/HOMESTAYS       WEDDING VENUES      KONTREI NEWS/NUUS      BLOG      CONTACT KONTREI

CALL US!
+27-21-8711715

TRANSFERS
View Transfers
GUIDED TOURS: ½-DAY
Cape Peninsula
Cape Town City
Winelands Tour
Paarl Town Walkabout
GUIDED TOURS: FULL DAY
Cape Peninsula
Cape Town City
Winelands Tour
Hermanus
SCHEDULED TOURS
- Sense-of-Place Experiences Tour
- Namaqualand Spring Flower Spectacular Tour
- Cape West Coast Spring Flower Tour
- Cape Wild Flowers, N7, West Coast Tour
- Hermanus Whale Watching Tour
- Slow-Food: Across the Southern Regions of Africa
- Boland, Overberg Garden Route, Fynbos Tour
PARTNER TOURS
Southern Cross Adventures
Bhutan Kingdom Tours
Climb Kilimanjaro
Luangwa Wilderness
Scenic and Adventure Flights
4x4 TOURS
4 x 4 Camping Tours
TOUR GUIDES
Meet our tour guides
VEHICLES
About our vehicles

Subscribe to Kontrei News!
Stay informed about great Kontrei accommodation, tours, experiences, adventures, and interesting local facts; and get access to our free Kontrei ebooks!
My First Name:
My Email:

Your details will never be shared with anyone - Niël du Toit

Paarl Outentieke Plekbelewnis
Kaapstad Na Die Paarl Wynlande Toer


Tour Ref: 3Dae/2 Nagte
DIE PAARL ERVARING

Ons reeks van Outentieke Plekbelewnisse
3Dae/2 Nagte

DIE PAARL ERVARING

Toer Stadig! 3dae toer
2 nagte op dieselfde plek.
Die sjarme van plaaslike gasvryheid

PROGRAM

Dag 1: Kaapstad na die Paarl : Zomerlust Gastehuis DBB

Aankoms vanaf Kaapstad in die Paarl, een van die oudste dorpe in Suid Afrika. Die Paarl is geleë in 'n vallei tussen wingerde en berge en die Bergrivier wat deur die omgewing vloei. Die streek in die Wes-Kaap staan as die Boland bekend.

Die Paarl is ook die enigste plek in die wêreld met so 'n prominente Taalmonument wat opgerig is, ter ere van die Afrikaanse Taal.

'n Besoek aan die Paarlberg via die Jan Phillips bergpad, onder leiding van 'n plaaslike kundige. 'n Interaktiewe ervaring van plaaslike fynbos, wye uitsigte en pragtige natuurskoon oor feitlik die hele Boland. As deel van hierdie ervaring, word die Taalmonument met sy unieke geskiedenis, pragtige tuine en plantegroei besoek, waar 'n ligte middagete/piekniek genuttig kan word.

Middagete: Opsioneel ekstra

Oppad vanaf die Taalmonument word 'n besoek gebring aan nog 'n welbekende baken van die Paarl, naamlik die KWV. 'n Besoek aan die KWV Wyn Emporium gee die besoeker 'n insig in 'n grootskaalse, koöperatiewe bedryf tydens 'n begeleide keldertoer en wynproe.

Nou wag Zomerlust Gastehuis, waar heerlik ontspan kan word en die skoonheid van die tuine en geskiedenis van hierdie besonderse historiese landgoed in die historiese dorpskern ingeadem kan word.

'n Tradisionele 'Kontrei' aandete by Zomerlust in die mooi tuin of die historiese hoofgebou sal almal laat ontspan voor 'n heerlike nag se slaap in hierdie ouwêreldse milieu.

Dag 2: Zomerlust Gastehuis DBB

Zomerlust
Gastehuis
Na ontbyt, onderneem 'n twee-uur lange Paarl 'straat-stap' saam met 'n kleurryke, boeiende, plaaslike kenner van die Paarl se geskiedenis.

Hierna, sal die besef deurdring dat die Paarl eintlik 'n juweel is waarvan al sy fasette nog nie ontdek is nie...

'n Belewenis van 'n heel ander aard lê nou voor. Daar word besoek gebring aan Mbekweni, waar kennis gemaak word met 'n meer tradisionele Afrika-gevoel, midde in die kontrei, waar middagete genuttig word. Ervaar die Afrika-kultuur van voedsel en drank. Middagete ingesluit. Alkoholiese drank en koeldrank opsioneel ekstra.

Hiervandaan ry ons na Welligton.Die volgende kontrei ervaring aan die voet van die Limietberge, is kennismaking met persoonlike, kleinskaalse produksie. Ons besoek 'n wynlandgoed waar die eienaar 'n plaas/wingerd/kelder/proe gaan aanbied. U volg die proses van wingerd tot in die bottel! Proe die pot gedistilleerde brandewyn en grappa.

Hiervandaan verder in die Bovlei kontrei van Wellington, doen ons aan by 'n historiese plaas, vir 'n wynproe geleentheid in die pragtige tuin, waar die wynmaker almal op 'n heerlike wyn-reis neem...

En... indien die voete na die hele dag se gebeurlikhede nie te moeg voel nie, besoek ons 'n leerwinkel, waar alle leerware met die hand gemaak word. Ontmoet die eienaars en geskoolde werkers wat die egte produkte laat vorm aanneem.

Hierna weer huiswaarts, na Zomerlust Gastehuis, waar 'n heerlike aandete met nog 'n verskeidenheid plaaslike resepte wag.

Dag 3: Paarl-Kaapstad via Franschhoek

Op die 3de dag, na ontbyt, besoek ons 'n werkende Olyfplaas in die Klein Drakenstein omgewing van die Paarl.

'n Besoek word ook aan Drakenstein Korrektiewe Dienste, waar 'n standbeeld van oud president Nelson Mandela is, gebring. Hier kry u 'n verduideliking van die simboliek van die standbeeld en mnr Mandela se geskiedenis tydens sy verblyf by die destydse Victor Verster Gevangenis.

Nie ver hiervandaan nie, lê Franschhoek met sy 'Franse Flair' tussen die berge. Geniet 'n ligte middagete in die interessante hoofstraat, met sy vele koffie winkels, restaurante en toeriste aantreklikhede. Ons maak 'n foto-stop by die Hugenote Monument en ry oor Helshoogte na Stellenbosch.

Die laaste wynlandgoed is 'n historiese plek met 'n intieme ou kelder met kampioenwyne, 'n kunsgalery met werke van vorige eienaars en 'n gesprek met die eienaar oor die plaas tradisie. Ons sê totsiens, maar nie vaarwel nie, aan die "Paarl-Kontrei" en besorg u laatmiddag in Kaapstad.

Duur:
3 dae / 2 nagte

Vertrek en eindig in:
Kaapstad, Paarl, Wellington, Franschhoek, Stellenbosch, Kaapstad

Akkommodasie:
Gastehuise DBB

Vertrekdatums:
Op aanvraag onderhewig aan beskikbaarheid van akkommodasie

Riglyn prys per persoon wat deel(BTW Inkl):
1 passasier ZAR 9500-00; Vervoer in sedan motor
2 tot max 3 ZAR 5800-00; Vervoer in sedan motor
4 to max 6 ZAR 4800-00; vervoer in minibus kombi
7 tot max 16 ZAR 3600-00; Vervoer in minibus Sprinter

Pasmaak toere volgens hierdie reisplan:
Vir alle pasmaak toere volgens u eie ontwerp, skakel asb. die kantoor by tel: 0027 21 8711715 of e-pos: ndt@kontrei.co.za

Ingesluit in die toerprys:
Vervoer met Mercedes Sprinter met lugsorg en verstelbare sitplekke, Minibus Kombi of sedan motor , eienaar-bestuurder, Geregistreerde gids/ bestuurder, 2 nagte akkommodasie met Ontbyt en Aandetes ingesluit, portiergeld, toegangsgeld, Heffings, passasiersaanspreeklikheid

Uitgesluit van die toerprys:
Fooitjies vir bestuurders en gidse, wasgoed, alkoholiese drank en koeldrank, middagetes, persoonlike oproepe en fakse, opsionele ekstras soos aangedui.


Hermanus South Africa Whale Watching Tour, With Shark Diving Option, & Southern Tip of Africa

Click here to book directly with Kontrei for our unique tour taking you from the Boland and Winelands, all the way to Hermanus, L'Agulhas and more!

-- Link to us! --
Feel free to link to us by adding this code to your site:
<b><a href="http://www.Kontrei.co.za/index.php">Great Sustainable Tourism Experiences!</a></b>

© Kontrei.co.za   CODE OF CONDUCT   ABOUT KONTREI   RESOURCES   2006 - 2012 ALL RIGHTS RESERVED